parallax background

Petronel is Ambassadeur van die Mosselbaaise APD en SUSA

Die Kazi tot Kazi fees
May 6, 2014
Watter lied, pas by watter wyn?
May 8, 2014
 
M osselbaai het 'n program waar 30 gestremde mense daagliks kos gegee word. Ons help om die mense op te lei en leer hulle om handwerk te doen en instrumente te bespeel en soek nog baie hulp! Op 2 September 2016, gaan hulle byeenkom bv 'n Loslit Dag-viering in KwaNongaba, Mosselbaai, waar mense kan kom kennis maak en deelneem van sportaktwiteite soos rolstoelbasketbal en ander speletjies. Die sportopleiding onder die gestremdes in Mosselbaai, het al verskeie nasionale rekords laat spat. Hulle is baie opgewonde en ek nooi julle om saam te kom kuier en te kyk wat ons doen! Die groep is gevestig in die Suid-Kaap. SUSA is 'n Facebookblad waar ons mense nooi om probleme uit te lig wat mense met gestremdhede raak, werksgeleenthede of die gebrek daaraan, die behoefte vir meer rolstoel-vriendelike restaurante en lewenstyle en meer.