parallax background

Watter lied, pas by watter wyn?

Petronel is Ambassadeur van die Mosselbaaise APD en SUSA
May 7, 2014
Vonnie
July 6, 2016
 
S edert ons die eerste keer saam met Riebeek Kelders die musiek- en wynparing in 2009 aangebied het, is ons al die land vol daarmee...Schalk Maas van Skallabrak-faam se lekker speletjie sluit wynproe en liedere speel in as opsies per wyn en dan kies die gehoor watter lied pas by watter wyn.

As deel van my aktiwiteite met TEO, Teaterkafeeontwikkeling, bied ek fisies verskillende soorte vertonings by kleiner venues aan. Die venue sien dan wat hulle nodig het om teater aan te bied op 'n groter skaal. Ons het al die Wasgoedlyn van Riku Latti daar gehad, en nou is dit weer die span van Riebeek Kelders, ek, Schalk Maas en Altan Ungerer op klavier, stem, perkussie, kitaar, bas, trekklavier en mondfluitjie.