Die “lang vrou” van kabaret oor nuwe projek album

Hierdie artikel deur Leonie Bezuidenhout het oorspronklik in Maroela Media verskyn op 17 Maart 2020. Lees gerus hier. Foto deur  Jorina Kriel.


Petronel Baard, die sangeres en liedjieskrywer wat in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf bekend staan as  “die lang vrou” is al 20 jaar lank ‘n gevestigde kunstenaar en bekende in teaterkringe nadat sy in 1999 die ATKV se Crescendo-sangekompeisie gewen het.

Sy vertel sy het nog altyd ‘n voorliefde vir die teater gehad.  “As Matie-dramastudent het ek en my vriende ure lank gefilosofeer oor ons passie vir die kusnte.  Sedert my studentejare is ek nog altyd baie nou betrokke by teaterontwikkeling en is ek by verskillende inisiatiewe en kunsteorganisasies betrokke.”

Baard was die afgelope paar jaar in verskeie aanbiedings en toneelstukke en het die gleentheid gehad om met kunstenaars soos Stef Kruger en Riku Latti saam te werk.

Sy sonder ook die opname van haar sesde vollengte album, Die heelal draai, uit as een van haar grootste hoogtepunte tot dusver.  Die album is in 2017 uitegreik en word beskou as tydlose wereldmusiek, folk en kabaret.  Dit bied ‘n unieke en verfrissende alternatief vir die gewone style wat in Afrikaanse musiek voorkom.

“Die album kombineer verskeie fantastiese elemente.  Fado-musiek is ekspressief en melancholies, wat regtig aansluit by my kabaretstyl.  Dit het alles begin met akkerblare: ‘n Vrou uit die Noordkaap het my gekontak nadat sy vir jare na my gesoek het.  Ek het my interpretasie van haar booskap getoonset en een liedjie het in ‘n album verander.” deel Baard.

Haar splinternuwe kabaretvertoning Musiek van die Lang Vrou:  Die Heelal Draai sou op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees gedebuteer het.  Die fees gaan egter nie voort nie weens voorkomingsmaatreels vir die vir die verspreiding van die koronavirus.

Hoewel die album reeds in 2017 uitgegee is, wou ek dit langer rakleeftyd gee deur weer lewe daarin te blaas met ‘n nuwe teaterproduksie’” verduidelik Baard.

Sanger, kitaar- en mondfluiteispeler Schalk Maas en Altan Ungerer, baskitaar-,  kitaar- en perkussiespeler en sangers van die groep Soetmelk, en saxofoonspeler Boesman Keyser werk saam met Baard aan die produksie.

Sedert die uitreking van haar jongste enelsntit, “Life is Good’”, het die kabaretster van krag tot krag gegaan.  Die liedjie wat in Oktober verlede jaar uitgereik, is, is uitstekend ontvang en het bo-aan die treffersparades van verskeie radiostasies gekuier.

Baard, wat gereeld deur die gemeenskapsontwikkeling terugploeg in die gemeenskap, werk ook tans aan ‘n nuwe projek getiteld “Seek the Light” saam met Crystal Blaq Entertainmnet.  Die snit sal op Werkersdag uitgereik word.

“Die liedjie gaan oor amoede en klasseverdeling.  Dit spog met ‘n house- of trans-musiekstyl wat iets heeltemal anders is as waaraan ek gewoond is.  Gavin Jay is ‘n uitstekende kletsrymer en die manier waarop ons stemme mekaar aanvul maak die eindresultaat baie interessant,” se sy.

Baard beplan ook later vanjaar ‘n toer na die Oos-Kaap “Ons moet besig bly en is heeltyd hard aan die werk”