Lank al

Available now on:

Die wenner van die 1999 ATKV Crescendo-kompetisie, Petronel Baard se debuut CD, Lank al, is onlang deur JNS Musiek uitgereik.

Die CD, ‘n uitvloeisel van die Crescendo-kompetisie was vanjaar by die KKNK bekend gestel.

Petronel het ook op die rimpelfees in haar eie verhoogproduksie met die gleyknamige titel, Lang Vrou, Opgetree.
Sy is afkomstig van Villiersdorp in die Wes-Kaap en het drama studeer aan die Universiteit van Stellenbosch. Die talentvolle en belowende Petronel skryf haar eie liedjies en was musiek-regisseur van die Maties se Drama Departement se produksies verlede jaar – een waarvan sy ook die algehele regie behartig het.

Sy het ‘n passie vir kabaret en Afrikaans, en beskou haar debuut by Crescendo as uitstekende nasionale blootstelling. Sy weet dat baie harde werk voorlê, maar is vasbeslote om ‘n sukses daarvan te maak en ‘n bydrae te lewer met nuwe, innoverende Afrikaanse musiek. Rocco de Villers was die musiekregisseur van die album en het ook al die verwerkings behartig.

Artikel inK aap Rapport 6 Nov, 2000.

Kyk Musiekvideo: Ma