Vonnie

In 2010 het Petronel “Vonnie” opgeneem wat ‘n ode aan Afrikaans was.  Onder die leiding van Pieter de Wet Oppenheimer en Asanete Musiek het sy nie alleen Patrick van Blerk se “Paradise Road” met sy groot lof vertaal nie, maar opgeneem saam met legendes soos Min Shaw, Albie Louw en Nico Carstens.  Baard het onder ander woorde vir Carstens se wereldtreffer “Zamebzi” geskryf wat wyd geloof is en weer met haar by die Groot Voël Boeremusiekfees op Oudtshoorn bespreek is..
Die album het verskeie treffers gehad en is bekendgestel saam met die ATKV en Sakkie Kotze van die Centuriontak by die Centurion Teater in Pretoria.  By die geleentheid, wat op die hoofnuus die aand op SABC2 was, het die ATKV toekennings aan die veterane van Afrikaans gegee en is Petronel ook deur hulle vereer met haar projek en die album se bekenstelling. Dit was tien jaar na sy hulle  ATKV Crescendo gewen het.
Dit is opgeneem en vervaardig deur Deon du Toit met fotos deur Celeste Prins.