• Home
  • About
  • Journey
  • Listen
  • Events
  • Bookings
  • ’n Blom in Elke Vrou
  • Shop

Kyk hier wat ons alles beplan...

Daar is ’n blom in elke vrou, een wat jy onthou!

Met hierdie woorde skop ‘n besonderse nuwe era af vir Petronel Baard en haar musikante.  In Augustus 2020 het Petronel dit as haar eie aanhaling vir vrouemaand geskryf op versoek van ‘n tydksrif en besluit om die gedagte ‘n produksie en nuwe, innoverende beweging te maak.  

 

BESPREEK DIE VERTONING

Hoogtepunte

  • Inspirerende produksie
  • Gereed vir vertonings reg deur Suid-Afrika
  • Nuwe musiek, video's en albums
  • Orkes met top musikante
  • Stel netwerk van inspirerende vroue bekend
  • Fasiliteer sakelui wat saam kunste en gemeenskappe bevorder

Die vroue van ons land

Saam met ‘n volle verhoogproduksie, musiek en orkes is hierdie ook ‘n langpad dokumentasie van besonderse vroue en vroue entrepreneurs waarvan ons landskap vol is.  

Reis saam met haar deur die dorpe, strate, velde en stede van Suid-Afrika soos sy jou vertel van elk se skoonheid se besonderse kenmerke!  Hier is ‘n geur en kleur vir elkeen!

LEES MEER
NUWE ORKES SE OPWINDENDE
KLANK

Ek ken beide Johan Engelbrecht en Lelanè van der Merwe al etlike jare uit ons samewerkings rondom dorpsfeeste en musiekinisiatiewe uit ons area. Franco Engelbrecht is Johan se seun en ‘n fantastiese toevoeging tot my nuwe klankrigting met hierdie vertoning. 

Aangestel as “band” leier is sy oorvlytige jazzvingers en insette in klank vars en opwindend. Gekombineer met Johan en Lelanè se meer klassieke inslag, slaan ek ook nuwe rigting in met my musiek en veral die musiek vir hierdie vertoning.

 
 
Ek is super opgewonde oor ‘n klassieke en jazz spore in ons klank. Toonsettings en nuwe musiek uit my pen klink soos nog nooit tevore nie.
Ons is in die proses van opnames en sal later vanjaar dit aanlyn beskikbaar stel. 

Lees meer oor ons inspirerende projek-vennote

Ons wil jou graag voorstel aan ons inspirerende vennote – wat saam met ons streef om die gemeenkappe waarin ons aktief is te ontwikkel en te ondersteun.

 

Klik op elkeen en ervaar hulle kundigheid, produkte en mensliewendheid. 

Jou ondersteuning is vir ons en vir elkeen van ons vennote van waarde.   

 

KLIK OP DIE VENNOTE
Mooi BLOK
2021 ® ALL RIGHTS RESERVED  PETRONEL BAARD
-
Photography by Wilhelm Vincent, Jorina Kriel  and Unsplash
-
For more information and support on COVID-19 please visit www.sacoronavirus.co.za