Hierdie gewilde gesinsapteek is ‘n bekende baken van Hartenbos wat allerlei lieflikhede saam met jou broodnodige medikasie met innige raad, gemeensaamheid en vriendelikheid beskikbaar stel.
Hulle is van ons eerste borge en ons is Baie trots om met hulle ‘n pad te stap!
Apteker en eienaar Gerda Visagie is lieflik van binne en buite soos ‘n dieprooi roos en so kleurvol soos hulle mooi apteek is – jy sal jouself daar verloor en weer vind. Waarlik ‘n vrou en wenspan om na op te sien!
Haar liefde en passie vir sake na aan die hart is welbekend.
“Stuur asb enige navrae na die apteek se e-pos adres, om te verhoed dat jou boodskappie nie verlore gaan nie, ons hoor graag van jou”:
hartenbosapteek@gmail.com
Tel. 0446951510
Kuier saam op SFM elke Woensdag om 10:00 wanneer Gerda Visagie, apteker en eienaar, oor allerlei gesondheidsake gesels: http://www.sfmstreek.co.za/