• Home
  • About
  • Journey
  • Listen
  • Events
  • Bookings
  • Hoed
  • Shop

Die Heelal Draai Album *Hard Copy CD

Die Heelal Draai Album *Hard Copy CD

R150.00

Al ons CDs word binne 5 werksdae deur die PEP STORES koerierdiens, PAXI versprei.  Sodra ons jou kontakbesonderhede otvang, maak ons by jou seker waar is jou naaste PEP Stores-winkel waar jy jou CD kan afhaal. 

Ons gebruik die veilige PayFast-platform vir betalings per kredietkaart, EFT of Zapper. 

Om te bestel kliek op ADD TO BASKET en dan op VIEW BASKET. 

 

 

 

Category: CD Hard Copy Tags: CD, music
Back
  • Description

Description

Petronel Baard se jongste album, Die heelal draai (Lang Vrou-produksies) behoort met elke denkbare musiektoekenning vir Afrikaanse musiek bekroon te word; beoordeel op grond van artistieke meriete. Dis ‘n album wat nie net krities beïndruk nie, maar ook luisterryk bevredig.

Sy besing die lewe en haar mense, die passie en die pyn, die onverwagse draaie, die verrassings en helaas, ook die onvermydelike; afskeid.

Deel van die album se bekoring is die feit dat dit nie selfsugtige, egosentriese selfverheerliking is nie. Die eiesoortige, universele albumklank – gekap aan die Portugese Fado, maar tradisioneel-stilisties in Afrikaans en in Afrika gesetel – is die resultaat van musikale samewerking.

Die intieme produksie is deur Petronel se jarelange musiekvennoot Schalk Maas, met insette deur David Cruikshank, by Africa Sun Studios in Plattelkloof, opgeneem en deur Phillip Pels gemeng; lewend, sónder rigiede tegniese beperkings.

Alles is oorspronklik, met tussen die hoogtepunte, Petronel se toonsettings (met toestemming) van die digter Antjie Krog se werk: Hier dien die musiek die vers in volledigheid: inhoud, stemming en struktuur.

Inteendeel, elke noot hierop, ook in haar eie nuutskeppinge, het doel. Die liriese stiltes, veral, ook. Dit is akoestiese kuns.

Petronel se formidabele stemvermoëns is deurgaans boeiend en uitdagend en haar kabaret-aanslag is skitterend.

Haar kabaret-aanslag skitter op die smeulsnit, Nita se blues (Anita Jonker se woorde; Petronel se musiek en klavierspel deur Hanli Cruikshank).

Die klank is deurgaans vars, onverwags en verfrissend.

Schalk Maas se musikale verwerkings, albumregie, mondfluitjie en trekklavier ontgin en verewig ‘n musikale erfenis. Sy folknuutskepping, Liefde van eensaam (wat hy in duet met Petronel uitvoer), is ‘n melancholiese juweeltjie; nostalgies verwerk met die kenmerkende tregterklank van die destydse grammofoon en die naaldgeruis op viniel.

Altan Ungerer se baskitaar en perkussie, André Janse van Vuuren se trekklavier en Boesman Keyser se saxofoon (op die snit Ma) komplementeer die stemming en styl van elke lied.

Dié meesleurende musikale reis word afgesluit met die instrumentale snit, En draai, ‘n meesterlike klaviersolo; kenmerkend aan dié musikant se sonderlinge klawerbenadering; opgedra aan haar onslape pa, Bertie.

Hier is minder meer, eenvoud veelvuldig en artistieke integriteit die stempel van meesterskap.

Saam met Jorina Kriel-Maas en Wilhelm Vincent se fotografie en kunsregie is Petronel Baard se album Die heelal draai bloot die mooiste mooi nóg!

Resensie deur Christiaan J de Swardt

Related products

  • Die Hoed | Artist Hat

    R50.00
    Add to basket
  • Vonnie *Hard Copy CD

    R100.00
    Add to basket
  • Dubbel CD aanbod* Two Hard Copy CDs

    R235.00
    Add to basket
  • Al Psalmend Kubervertoning-donasie

    R50.00
    Add to basket
2020 ® ALL RIGHTS RESERVED  PETRONEL BAARD
-
Photography by Wilhelm Vincent, Jorina Kriel  and Unsplash
-
For more information and support on COVID-19 please visit www.sacoronavirus.co.za